Troeteldier Kompetisie 2025

Hoe leeg sou ons lewens nie wees sonder ons geliefde troeteldiere nie.  Troeteldiere het die wonderlike vermoë om ons gemoed te lig deur net daar te wees terwyl hulle ons van die lojaalste geselskap in die wêreld voorsien.  Hulle help ons om daaglikse spanning te ontsnap en laat ons lag, wat natuurlik hope
goedvoelhormone soos endorfiene vrystel. En wat is nou lekkerder as om met jou geliefde viervoet (of enige ander soort troeteldier) te spog. Vaalweekblad bied ons lesers die kans om pryse te wen met die gratis kompetisie.  Die inskrywings gaan deurlopend in Vaalweekblad en op ons webtuiste verskyn.
Inskrywings sluit 27 April, so moenie wag nie, stuur jul foto’s in. Die wenners sal in die Vaalweekblad uitgawe van 2 Mei aangekondig word.

So werk dit : Stuur die mooiste/duidelikste foto van jou en jou troetedier saam /of jou troeteldier alleen na penelope@mooivaal.co.za met die volgende inliging:
1. Jou naam, van en kontaknommer
2. Van watter dorp jy is
3. Jou troeteldier se naam

Die pryse op die spel sluit in:
* ‘n Geskenkpak van Pets Kingdom in Kookrus, Meyerton (hondebedjie, speelgoed ens.)
* Ecohealth @ Fire Fly in Meyerton borg produkte van Pierre Ecohealth ter waarde van R620 (hondekos, katkos, diereskommels en ander lekkernye)
* ‘n Geskenkbewys van Bird Buddies in Vereeniging ter waarde van R400
* God’s Little Creations in Vereeniging borg pet grooming services ter waarde van R4 000 Hier is van die eerste inskrywings

Animo

Kuklamo

Manimo

Fritzie

Shiraz

Asteria

Prins

Bonnie

Levi

Pieter

Cooper

Raylee

Cody

Bruno

Coco

Honney

Ladey

Kiettie

Mosjha

Munchkin

Sky

Seuntjie

Klippies

Babes

Gaby

Arthur

Oliver

Schnoekie

Chloe

Dobby

Whiskers

Nunu

Tinkie en Kleintjie

Back to top button